Forever Resorts, Lodges, Hotels and Retreats
Partners & Alliances

Blue Bulls Rugby Union - Primary Schools Leagues

Forever Resorts is the main sponsor for the Blue Bulls Limpopo Primary Schools. This sponsorship assists young players developing into the sport and allow these players to compete in a healthy manner.

The annual R150 000 sponsorship pays for the players’ rugby kits, tours and equipment.Forever Resorts is proud to be associated with this project in developing the sports leaders of tomorrow.

BEELD Vakansieskou / Holiday Show – Gallagher Estates

Forever Resorts SA is ‘n trotse borg vir die jaar se Beeld Vakansieskou.

Die Beeld Vakansieskou is die platform vir jaarlikse nasionale bekendstellings deur leiers in woonwa, kampeer en bestemmings waar die nuutste produkte en vakkansiebestemmings uitgestal word. Die Beeld Vakansieskou is die plek om te wees indien u op die uitkyk is vir 'n nuwe woonwa, kampeertoerusting of gesogte vakansiebestemmings. Bring die hele familie saam en geniet al die skatte van die toerismeindustrie in Suid-Afrika.

BEELD Bruid van die Jaar / Bride of the Year

Vir Ewig. Vir Altyd. Forever.

Forever Resorts SA is ‘n trotse borg vir die jaar se BEELD Bruid van die Jaar Kompetisie.

Ongerepte bosveld, skouspelagtige bergpieke, sprokiesagtige woude… dit is maar net ‘n handjievol van die betowerende landskappe wat jy by Forever Resorts, Lodges, Hotels & Retreats sal raakloop.

Forever trouvenues en vakansiebestemmings is trots Suid-Afrikaans, en lê wyd en suid oor die verskeie provinsies uitgesprei – tot in die mees versteekte en romantiese hoekies van ons asemrowende land. Elke venue spreek van ‘n unieke sjarme wat onmiddelik jou hart sal steel en jou oë laat skitter – net soos die dag toe jou aanstaande sy knie gebuig het om die groot vraag te vra.

Gasvryheid is ons middel naam, en elke Forever oord het ‘n toegewyde span koördineerders en troukenners wat jou met elke besluit en detail sal ondersteun – vanaf die beplanningsfase regdeur tot die groot dag self. Ons spyseniers gebruik slegs die varsste bestanddele van die hoogste kwaliteit, en hul smullekker kosskeppings is gewaarborg om ‘n lekker vet glimlag op elke gas se bakkies te sit – selfs jou kwaai ou skoonma!

Bespreek vandag nog jou droom troubestemming, en laat Forever jou troudag in ‘n sprokiesverhaal omskep!

BEELD Baba van die Jaar / Baby of the Year

Is jou kleinding die oulikste ter wêreld?

Forever Resorts SA is een van die hoofborge van Beeld se Baba van die Jaar 2017 kompetisie.

Beeld se Baba van die Jaar 2017-kompetisie het begin in Mei die jaar en daar is gróót pryse op die spel. Dit sluit in vakansieverblyf, babaprodukte, speelgoed, Afrikaanse kinderboeke, kombuisware, geld en ’n gasverskyning deur Ollie die Nar op die baba se verjaardagpartytjie. Babas jonger as 12 maande wat in Beeld se verspreidingsgebied woon, kan ingeskryf word.

Inskrywings word elke laaste Woensdag van die maand in Beeld gepubliseer. Sodra ’n baba se foto in Beeld verskyn, kan lesers vir hul gunsteling-baba stem met ’n stemstrokie wat elke dag in die koerant gepubliseer word. Maandwenners se name word in die koerant en op Beeld se Facebook-blad gepubliseer en staan die kans om aan die einde van die kompetisie by ’n spesiale geleentheid as Beeld se Baba van die Jaar vir 2017 aangewys te word. ’n Tweede en derde plek word ook aangewys.

Vir meer inligting stuur e-pos na babas@beeld.com of hou Beeld dop.